WIE EK IS
  • Jasmyn
  • 29 Oktober 1989
  • Vrystaat
  • jasmyn@jasmynartist.co.za

  Ek wil ook meer van myself en my hart met my gehoor deel asook my ervaring en storie agter elke lied wat ek sing. Ek is passievol en opgewonde oor die taal van lirieke en melodie. Ek glo musiek is die taal wat almal verstaan. My droom is dat my musiek vir iemand ‘n lig sal wees en om die hart en siel diep aan te raak deur nuwe hoop, opwinding en liefde te gee. Musiek het ‘n geweldige invloed op die mens.

MY ALBUMS
Jy wens jy kon se

Gedurende 2011 is Jasmyn se debuut album, Jy Wens Jy Kon Sê vrygestel. Daar is 13 liedjies op die album waarvan 7 Afrikaans en 6 Engels is. Die album wissel van ligte klassieke musiek tot pop, keltiese en kontemporêre musiek. Die Afrika Koor, Impuls en Voices Plus kore van die Universiteit Johannesburg wat tydens twee van die liedjies optree, gee die musiek ’n dieper dimensie en ryk nuanse van Suid-Afrikaanse kultuur. Te danke aan die ondersteuning van die span, die produksieleier, Johan Heystek en MMX Studios was die produk uitstekend.

Agt keer opstaan

Gedurende 2012 neem Jasmyn haar tweede album “ Agt keer opstaan” op saam met vervaardigers soos Dirk Van Niekerk van Noted Music en Johan Kelber. Dit is ‘n lekker luister album en kan kers vashou by name soos Taylor Swift en Kelly Clarkson. Dis ‘n moderne album met ‘n boodskap van bemoediging. Daar is 15 snitte op die album, waarvan 11 oorspronklike werke is.

Brief oor die see

Hercules & Jasmyn, is onderskeiedelik as solo sangers alreeds vir ‘n geruime tyd deel van die musiekbedryf en dis die eerste keer dat hulle saam as duet paar optree. Brief oor die see is ‘n spogalbum en ‘n vars bries in die Afrikaanse musiekbedryf. Daar is ‘n total van 13 liedjies op die album wat bekende sowel as oorspronklike snitte insluit. Die duo lewer onder meer uitstekende weergawes van Christina Perry se “A Thousand Years”, die Backstreet Boys se “Incomplete” en Il Divo se “I Believe in You”. Pragtige Afrikaanse snitte soos “Brief oor die See”, “Bly”, “Ware Liefde” en “Nader” sal vir van ‘n jong tot ‘n ouer gehoor kan vermaak.

GESKIEDENIS

Ek het as kind altyd singend gespeel op die plaas in die Vrystaat waar ek grootgeword het, min wetend dat ek geroep is om sang my loopbaan te maak.

Jasmyn se sangloopbaan skop af gedurende 2011 waar wonderbaarlike deure oopgegaan het en sy in ‘n tydperk van 4 jaar 3 cd’s vrygestel het en verskei groot geleenthede verkry het soos om die “Eurovision OGAE Rest of the World” se “Face vs Voice” kompetisie gewen het wat deur verskeie beoordeellaars reg oor die wereld beoordeel was en die prys gewen het om die Eurovision Kompetisie in Dusseldorf 2011 by te woon. Sy het daar ook ‘n funksie geopen waar al die finaliste van die Eurovision kompetisie opgetree het.

My musiekgenre wissel van lig klassiek , “classical-rock” en pop musiek.

Maroela Musiek skryf:“Daar is seker min kunstenaars op die Afrikaanse musiektoneel wat so gemaklik oor grense in taal en musiekgenre kan beweeg, en op hierdie album bewys Jasmyn dat sy ewe maklik kommersiële- en Christelike musiek kan sing en dat sy ewe gemaklik met Afrikaanse- en Engelse liedjies is. Daarby weet sy ook hoe om ou bekende treffers nuwe lewe te gee. Laat ek maar eerlik wees: hierdie album het my voete onder my uitgeslaan, en dit is sonder twyfel een van my gunsteling-albums van die afgelope jaar”

Jasmyn het ook al die verhoog gedeel saam met bekende kunstenaars soos Rina Hugo, Natasha Joubert, en Joe Niemand by die Hallelujah Gospel Gala te Carnival City in Junie 2011

In Oktober 2011 was Jasmyn deel van die produksie van VAMT– Vonk Afrikaanse Musiek Toekennings waarna sy beskryf is as die “verrassing van die aand.”

Op 4 September 2012 is Jasmyn se album “ Agt keer opstaan” by die Atterbury Teater in Pretoria vrygestel . Dit was ‘n lekker ontspannende aand waartydens Jasmyn haar nuutste werke tentoon gestel het in samewerking met TUT se dansers, ‘n lewendige orkes, ‘n manskoor asook Hoërskool Waterkloof se Trompoppies.

Gedurende Oktober 2012 is Jasmyn genooi om as solo kunstenaar op te tree in die Linder Ouditorium by ‘n Koorfees wat aangebied is saam met die Wits School of Education, met die tema “Thank God for Madiba.” Hierdie geleentheid is ook uitgesaai op SABC.

BESPREKINGS

  My besprekings is nie spesifiek beperk nie, ek sal enige plek optree waar goeie musiek waardeer word   


Plekke waar ek al opgetree het of graag sal wil optree

Kerke
Kuns Feeste
Skole
Korporatiewe Funksies
Dames tee's en funksies
Fondsinsameling / liefdadigheid
MUSIC

Hier binne my 2012



I always knew you 2015



Black coffee 2015



Agt keer opstaan 2012



The Rose 2015



Jy het my weer laat glo 2015



Hande om my hart 2015



Celebrate Spring 2015


KONTAK MY
Besprekings